Hierdie jaar is Namakwaland bevoorreg genoeg om teen einde Julie die eerste tekens van die bloei van blomme te ervaar.
Die normaalweg droë landskap word ‘n tapyt van veldblomme met lewendige bande gousblomme en vygies, sowel as nemesias, lachenalias, babiana en ixias.
Die Namakwalandse madeliefies (Dimorphotheca sinuata) is endemies aan die Noord-Kaap en Wes-Kaap provinsies van Suid-Afrika, en het ontwikkel om die harde, droë klimaatstoestande te oorleef.
Gedurende die vroeë lente word die blom van die madeliefies veroorsaak deur die verandering in temperatuur en reënval.
Wat die bloei van die blomme hierdie jaar iets om oor huistoe te skryf maak, is die feit dat terwyl Namakwaland jaarliks teen einde Augustus begin spog met hul blommeprag, dit hierdie jaar einde Julie al in hul volle majestueuse skoonheid pronk.
Dit is eenvoudig as gevolg van die veranderinge in die seisoene.
Die streek kan dus gereed maak vir die hordes toeriste wat op pad is na die semi-woestyn
