Noord-Kaap gemeenskappe is opsoek na antwoorde

 Noord-Kaap gemeenskappe is opsoek na antwoorde

https://www.offshore-energy.biz/eco-advances-azinam-deal-as-drilling-plans-take-shape/

Verskeie gemeenskappe in Namakwaland is op soek na antwoorde na aanleiding van ‘n onlangse EIMS-radio-advertensie, wat baie ophef veroorsaak het oor werksgeleenthede wat vermoedelik sal voortspruit uit die voorgestelde eksplorasieboorwerk wat in die Blok 2B-eksplorasiegebied uitgevoer gaan word.

Die boorwerk, wat vermoedelik redelik naby die kus is, sal ongeveer in die gebiede van Kleinzee tot Hondeklipbaai plaasvind.

Plaaslike inwoners is bekommerd dat die belofte van werk net “smoke and mirrors” is, en wil daarom meer duidelikheid hê oor presies watter werk beskikbaar sal wees en presies wie sal baat vind by dit.

Gemeenskappe wat langs die kus geleë is, stel veral belang in hoe die boorwerk reeds gevestigde werksgeleenthede in die kleinskaalse visserysektor sal raak.

Hoeveel putte sal hulle boor?

Gemeenskappe sê hulle wil volledige besonderhede hê oor die voorgestelde aktiwiteite wat Azinam in die oseane wil aanpak en hoe dit die mense sal raak wat op die see staatmaak vir inkomste, en ook hoe dit die gesondheid van die see self sal beïnvloed.

Verder onderneem EIMS slegs belanghebbendes in Hondeklipbaai, Koingnaas en Kleinsee.

Waarom het hulle nie Port Nolloth, Alexanderbaai en Springbok as deel van die konsultasies in ‘n provinsie ingesluit waar plekke so ver uitmekaar geleë is (wat dit vir die meeste redelik ontoeganklik maak nie?

Hierdie gemeenskappe sal ook geraak word.

Bernadine Hearn

Related post