Twee lewens geeïs as gevolg van onwettige mynbedrywighede

 Twee lewens geeïs as gevolg van onwettige mynbedrywighede

https://depositphotos.com/stock-photos/uncut-rough-diamond.html

Die polisie op Kleinzee ondersoek ‘n moordsaak na die dood van ‘n onbekende man op 5 Junie 2022 om 21:30.

Die polisie het ‘n klag by die Port Nolloth-hospitaal bygewoon nadat ‘n onbekende man opgeneem is met noodlottige beserings wat hy na bewering by die De Beers-myn in die Kleinzee-omgewing opgedoen het.

In die tweede voorval ondersoek die Kleinzee-polisie ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van ‘n onbekende man op 6 Junie 2022 omstreeks 01:20.

“Daar word beweer dat daar ‘n onderonsie tussen onwettige mynwerkers en mynsekuriteit by die myn was. Die onbekende oorlede man is op die toneel gevind en is deur nooddienstepersoneel dood verklaar,” het Luitenant-Kolonel, Sergio Kock polisie woordvoerder gesê.

Die identiteit van die oorledene is onbekend.

Polisie-ondersoeke na albei voorvalle duur voort.

Geen arrestasies is gemaak nie. 

Bernadine Hearn

Related post