OPVOLG: #SoupDrive2022 samel meer as R10 000 in op die lug, binne vier ure!

 OPVOLG: #SoupDrive2022 samel meer as R10 000 in op die lug, binne vier ure!

Radio NFM 98.1 #SoupDrive2022

Radio NFM se #SoupDrive2022 winter-liefdadigheidsuitreiking is tans in volle swang, en lewer alreeds groot suksesse op, selfs gedurende programme op die lug.

Immelda Coetzee van Stuuf ‘n Briefie het op Dinsdag, 07 Junie 2022; R 5 300-00 ingesamel en op Woensdag, 08 Junie 2022; ‘n allemintige R 7 500-00.

Gister tydens die SoupDrive-lugtydsgleuf, is die COVID-19 pandemie en die staatsinperking, as een van die grootste faktore beskou, wat toegang tot kwesbare gemeenskappe belemmer het.

Die SoupDrive-veldtog het dus hiermee ook ten doel om voedselvermorsing, wanvoeding en voedselsekerheid, in die mees kwesbaartse Namakwalandse-gemeenskappe aan te spreek.

Gemeenskapswerkers en organisasies het dit dus moeiliker begin vind om fisies uit te gaan, en diensbaar tot gemeenskapppe te wees.

Die COVID-19-pandemie het beklemtoon dat daar baie huishoudings en gesinne is, wat nie voldoende toegang tot gesonde kos het nie, veral diegene met ‘n lae of geen inkomste.

Die waarheid is egter dat hierdie behoefte daar was, selfs voordat COVID-19 sy verskyning gemaak het.

As reaksie hierop, gaan Radio NFM weer hierdie jaar die Soup Drive liefdadigheidsveldtog doen, om die kwessies van voedselvermorsing, wanvoeding en voedselsekerheid aan te spreek, deur persone en gesinne in nood te voorsien van warm, heilsame, voedsame en stewige sop.

Hierdie uitreiking is ook ontwikkel op ‘n agtergrond van skenkings in die vorm van sop produkte, groente, vleisprodukte, volwasse weggooibare doeke, komberse, warm klere, brandstof en finansies.

Die #SoupDrive-span kan net soveel dorpe bereik, maar met die hulp van plaaslike besighede en gemeenskapslede, net soos in vorige jare.

Finansiële donasies kan gebank word aan Radio NFM, by die volgende bankbesonderhede:

Rekeninghouer: Radio NFM 98.1

Rekeningnommer: 087 377 618

Bank: Standard Bank

Tak: Springbok

Takkode: 050506

Verwysing: SOUPDRIVE

Vir enige ander donasies, skenkings of navrae kan u kontak maak met NFM se bemarkings- en finansiële afdeling, by (027) 744 1610, of stuur ‘n epos aan marketing.nfm58@gmail.com.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post