Die premier van die Noord- Kaap, dr. Zamani Saul, het saam met die polisiekommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het die Noord-Kaapse misdaadstatistieke vir die 2de kwartaal van 2023/2024 bekend gemaak.
Die regering bly ten volle daartoe verbind tot die stryd teen korrupsie en glo dat as hulle saamwerk, hulle op ‘n gefokusde, samewerkende en beslissende wyse korrupsie suksesvol sal takel.
In die lig hiervan verwelkom Provinsiale Regering die suksesse wat deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke (Die Valke) gemaak is; Ernstige korrupsie-ondersoeke waar 14 arrestasies gemaak is, 56 skuldigbevindings gemaak is
In ernstige kommersiële misdaadondersoeke is 13 arrestasies gemaak en 639 skuldigbevindings gemaak, en in ernstige georganiseerde ondersoeke; 103 arrestasies gemaak en 38 skuldigbevindings gemaak.
Met die verwelkoming van die verslag, het die Noord- Kaapse Premier, namens die provinsiale Regering, onderneem om die pogings wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangewend is om die plaag van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te hanteer, te ondersteun en hulle toegejuig vir die werk wat deur die Operasie Shanelam gedoen is.











