Die Calvinia Suid- Afrikaanse Polisiediens het twee verdagtes in die Calvinia Sentrale Sakekern opgemerk, hulle genader en vier buise met beweerde plofstof gevind.

Die twee manlike buitelandse burgers, onderskeidelik 29 en 41 jaar oud, was deur die polisie op 16 November 2023 voorgekeer en deursoek.

Die vier buise plofstofpoeier is versteek in ‘n bottel gevul met Mageu gevind.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van die onwettige besit van plofstof.

“Die moontlikheid dat die twee verdagtes met ander sakerooftogte verbind kan word waar plofstof gebruik is om kluise oop te maak, word ondersoek, het die polisiewoordvoerder, Luitenant kolonel Sergio Kock gesê.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *