Noord-Kaapse nuwe NVG-baas aangestel

 Noord-Kaapse nuwe NVG-baas aangestel

“Dit is die eerste keer in meer as 10-jaar dat die NVG die volle leierskapstruktuur op ‘n permanente basis aangestel het. Met sy volledige nuwe leierskapspan in plek op nasionale en provinsiale vlak, is die NVG nou goed ingespan om voort te gaan met die implementering van sy huidige strategie en verwante pogings, om die oppergesag van die reg in Suid-Afrika te herbou,” het hy gesê.

Die aanstellings van Livingstone Sakata as die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG)-baas in die Noord-Kaap is wyd verwelkom.

Sakata se aanstelling kom nadat die NVG na maniere gekyk het om sy bedrywighede in die provinsie op te knap.

’n Woordvoerder vir die NVG, Mthunzi Mhaga het gesê dit is ‘n deurslaggewende vlak van die NVG se topleierskapstruktuur, wat ook benodig word om die strategie-implementering en kernprestasie van die NVG te dryf.

“Dit is die eerste keer in meer as 10-jaar dat die NVG die volle leierskapstruktuur op ‘n permanente basis aangestel het. Met sy volledige nuwe leierskapspan in plek op nasionale en provinsiale vlak, is die NVG nou goed ingespan om voort te gaan met die implementering van sy huidige strategie en verwante pogings, om die oppergesag van die reg in Suid-Afrika te herbou,” het hy gesê.

Livingstone Sakata het aan die Hoërskool Loyiso in Port Elizabeth gematrikuleer, en daarna sy B Proc-graad aan die Universiteit Fort Hare verwerf.

Hy het sy regsloopbaan as ‘n prokureur by Millers Incorporated in George begin, en verder vir MM Beukes Attorneys in Queenstown gewerk.

Sakata het later as ‘n regsverteenwoordiger by die gesondheidsdepartement se Spesiale Ondersoekeenheid in Oos-Londen gewerk vanaf 1990 tot 1999.

Hy het in 1999 by die NVG aangesluit as Senior Adjunkdirekteur van Openbare Vervolging, met bykomende verantwoordelikhede as ‘n provinsiale koördineerder van die Georganiseerde Misdaadkomponent.

Sakata, ‘n prokureur van beroep, het deur die geledere in die NVG gestyg tot Adjunkdirekteur van Openbare Vervolging (DDPP), totdat hy in Februarie 2020 as waarnemende direkteur van Openbare Vervolging, Oos-Kaap-afdeling aangestel is.

Hy gaan nou in die Noord-Kaap dienste lewer.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Related post