Onder die sterre van Namakwaland.

 Onder die sterre van Namakwaland.

Ek het so baie van myself en die kinders geleer…….sê radio Nfm omroeper  Aurial Paul

Sy deel haar ervaring van die onlangse orientasie kamp wat sy met graad 6 leerders van Laerskool Concordia gehad het

Mnr. E.P. Saal en Mnr. W Engelbrecht was die organiseerders van kamp, so ‘n paar kilos buite Concordia.

Die kinders het basiese oorlewings vaardighede geleer soos vuur maak en tent op sit.

Vrydag aand het die kinders gebraai en om die kamp vuur gekuier en dit met hout wat hulle self gemaak het.

Die kamp was nie net  om die kinders orientasie te leer nie maar ook onafhanklikheid. Hulle is bekend gemaak met rigting aanwysers soos die suider kruis en Alfa en Beta, hoe om ‘n kaart te orienteer en die sterre te lees.

Die kinders is ook lewens vaardighede geleer soos leierskap eienskappe en goeie groepwerk.

Die lewensvaardighede was getoets toe die kinders in groepe geplaas was om n potjiekos te maak. Hier is dinge soos tydsberekening en samewerking na gekyk.

Die kinders het ook geleer hoe om n kaart te lees en hul vermoens is getoets deur hulle op n skate jag te stuur met verwysings, kaarte en leidrade.

Met alles wat die kinders geleer het was dit belangrik dat hulle ook prêt gehad het en die natuur better leer ken het.

Hulle was op lang staproetes en was definitief snags uitgepit.

Die terugvoering vanaf die kinders was verstomend en vir meeste van hulle was dit die eerste keer wat hulle so lank sonder tegnologie was. Ek het dit geniet en nie eens gemis nie…..se een van die leerders.

Die kamp het ook die geleentheid gebied  om oor  die volgende kwessies te gesels soos respek, boelies  en selfwaarde.

Die kinders het nie net iets nuut geleer  met als wat gedoen is die naweek, maar ook oor hulself. Hulle het disipline en oorlewings vaardighede geleer en het‘n nuwe vorm van vryheid ervaar.

Bo alles was die kamp baie pret, veral die potjiekos kompetiesie en ‘n kind leer op sy beste wanneer dit pret is.

Aan die einde van ‘n onvergeetlike lekker naweek op die stap roete terug huistoe….. sê al die kinders saam ons sal enige tyd weer kom.

Azelle Engelbrecht

Related post