Die LUR vir Onderwys in die Noord- Kaap, mnr Zolile Monakali gaan vandag die Fortuin- en Britz-gesinne besoek op Steinkopf om 11h00.
Albei families het hul seun s’n die afgelope naweek tragies verloor.
Die twee seuns, Eldré Fortuin en Dylan Britz, albei sewe jaar oud, het in ‘n riooldam op die dorp gaan swem en toe verdrink.
Ronel Brandt, die ma van Eldré, het bevestig dat haar seun se liggaam eerste deur die soek-en-reddingswerkers gevind was.
Die LUR sal vergesel word deur die Uitvoerende Burgemeester van die Namakwa-distrik, mnr Mervin Cloete en Parlementslid, mev Sandra Beukes om hul medelye namens die Regering aan die families oor te dra.
