Burgemeester Cornell Knoph vergesel deur Richtersveld Munisipaliteit Raadslede: het onderskeidelik die Burgemeester se Back To School uitreik-program by Hoërskool Port Nolloth en Hoërskool Alexanderbaai afgeskop.

Burgemeester Knoph wens die Matriekklas van 2023 geluk en moedig die Matriekklas van 2024 aan om voort te bou op die sukses van hul voorgangers.

Burgemeester Knoph het in sy toespraak erkenning gegee aan Onderwysers wat elke dag hul beste gee om ons kinders op te voed deur kwaliteit onderwys.

Hy het egter beklemtoon dat onderwys nie net op die skouers van onderwysers is nie, maar op elke huishouding, gemeenskap en rolspeler in die Richtersveld Munisipale Jurisdiksie.

Burgemeester Knoph gaan môre skootrekenaars oorhandig aan die top presterende matrikulante in die Richtersveld munisipaliteit.

Burgemeester Knoph en Raadslede oorhandig Skryfbehoeftes, Sokkerdrag en Balle aan die twee onderskeie skole.

Burgemeester Knoph het namens Richtersveld Plaaslike Munisipaliteit Raad, Bestuur en Personeel die Leerders, Onderwysers, SBL en Ouers sterkte toegewens met die 2024 akademiese jaar.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *