Operasie Shanela ontwrigtende aksies is van 2024-06-17 tot 2024-06-23 regdeur die Noord-Kaap uitgevoer om prioriteitsmisdade, insluitend die besit onwettige vuurwapens, kontakmisdade, trio-misdade en verswarende roof, aan te spreek.

Multi-dissiplinêre spanne in al vyf distrikte het 258 verdagtes in hegtenis geneem vir misdade soos die onwettige besit van vuurwapens, handel in dwelms, onwettige handel in drank, roof, moord, poging tot moord, verkragting, aanranding en huisbraak.

Speurders het 103 gesoekte verdagtes opgespoor en gearresteer vir ernstige misdade, insluitend sakeroof, moord, verkragting en aanranding, geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord.

Multi-dissiplinêre spanne het die deursoeking van persele, stop- en deursoekaksies, hoësigbaarheidspatrollies, nakomingsinspeksies, padblokkades en voertuigkontrolepunte uitgevoer.

“Altesaam 21 863 persone en 11 436 voertuie is voorgekeer en deursoek. Twaalf (12) ongelisensieerde drankwinkels is gesluit, en meer as 2 000 liter alkohol is gekonfiskeer,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder, Kolonel Cherelle Ehlers gesê.

Daar is tydens die aksies beslag gelê op ‘n aansienlike hoeveelheid dwelms, vervalste goedere en gevaarlike wapens.

Kolonel Ehlers het beklemtoon dat Operasie Shanela sal nie pogings verslap om prioriteitsmisdade in brandpuntgebiede te bekamp om die veiligheid van alle inwoners en noodsaaklike infrastruktuur in die Noord-Kaap te verseker nie.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content