Opvolg: Noord-Kaap bied belegging seminaar aan

 Opvolg: Noord-Kaap bied belegging seminaar aan

Foto: Verskaf

Die ASEAN Heads of Mission Investment Seminaar is tans aan die gang in Kimberley.

Dit word in samewerking met die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking gedoen.

Die seminaar het sake-ondernemings, entrepreneurs, akademici en  die burgerlike samelewing saamgebring met die ASEAN-sendinghoofde wat in Pretoria gesetel is en is die begin van die formaliseer van ‘n gereelde, gestruktureerde en resultaat-gefokusde vennootskap.

Werk as deel van die groei van die ekonomie van die provinsie duur voort. In sy insette het die premier, dr. Zamani Saul, die feit herhaal dat die Noord-Kaap die enigste provinsie is wat sy ekonomie in die eerste drie kwartale van verlede jaar laat groei het, volgens die arbeidsmagopname deur Stats-SA.

“Dit het daartoe gelei dat ons werk geskep het en werkloosheid verminder het,” het Saul gesê.

Hy het verder ‘n beroep op vennote gedoen om die Provinsiale Regering by te staan om die oorlog teen Jeugwerkloosheid in die Provinsie aan te spreek omdat die provinsiale regering nie in staat is om werk te skep sonder die bystand van maatskaplike vennote nie.

Die verskillende ASEAN-lande het areas van samewerking en handel tussen Suid-Afrika en hul verskillende lande uitgelig.

 Dit sluit sektore soos landbou, toerisme, handelsfasilitering en die digitale ekonomie in.

‘Die Noord-Kaap is oop vir belegging’

Bernadine Hearn

Related post