Swak dienslewering as gevolg van staking by Noord-Kaap se hospitaal

 Swak dienslewering as gevolg van staking by Noord-Kaap se hospitaal

Die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley was besoek deur die Noord-Kaap LUR van Gesondheid, nadat bewerings na vore gekom het van pasiënte wat nie gister maaltye by die hospitaal bedien is nie, weens die staking van personeel.
Die LUR het die provinsiale hospitaal se topbestuur betrek vir gedetailleerde inligting oor die aangeleentheid.
Ná gister se betoging het die hospitaalbestuur ingegryp om te verseker dat pasiënte hul etes betyds ontvang, terwyl die diensverskaffer wat deur die departement gekontrakteer is, aandag daaraan gegee het.
Die LUR doen ‘n beroep op hospitaalbestuur om alle dringende sake te hanteer wat ‘n impak het op die lewering van gesondheidsorgdienste by die hospitaal.
Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal is ‘n tersiêre hospitaal en bied steeds spesialis- en subspesialissorg aan ons mense regoor die provinsie.

Courtney Saal

Related post