Roggeveld windplaas projek van miljoene rande bekend gestel

 Roggeveld windplaas projek van miljoene rande bekend gestel

Foto: Verskaf

Die LUR verantwoordelik vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, mnr. Abraham Vosloo, het saam met die adjunk-minister van minerale bronne en energie dr. Nobuhle Nkabane die Roggeveld-windplaas van R4,4 miljard amptelik buite Sutherland bekendgestel.

Die Roggeveld-windplaas wat deur Red Rocket gelei word, is ‘n operasionele 147 MW windkragaanleg wat energie sal opwek wat in die energiebehoeftes van ongeveer 49 200 huishoudings per jaar sal voorsien, terwyl die vrystelling van ongeveer 502 900 ton CO2 vermy word.

In sy boodskap van ondersteuning, gelewer namens die Noord-Kaapse Provinsiale Regering, het LUR Vosloo die konsortium van beleggers geluk gewens met hierdie projek.

“Ons is vol vertroue dat met die regering wat die bemagtigende omgewing vir belegging en ontwikkeling skep, projekte soos hierdie die nodige werksgeleenthede sal skep en sal help met vaardigheidsontwikkeling in die Provinsie.

In ons skakeling met die plaaslike munisipaliteit het hulle ook die siening uitgespreek dat hierdie projek ‘n sukses vir hierdie area bewys het deur werk te skep tydens die konstruksie fase en verwante nywerhede wat opduik.

“Ons bly onwrikbaar in ons voorneme om die lewens van die mense van die Noord-Kaap te verbeter; deur publiek-private vennootskappe sal ons ons visie van ‘n moderne, groeiende en suksesvolle provinsie bereik,” het Vosloo gesê.

Bernadine Hearn

Related post