Wie sou kon sê dat Radio Nfm na vele uitdagings en stamp en stote diè jaar hul negentiende  bestaansjaar vier? 

Op 19 November vier Nfm sy kroonverjaardag en is vasbeslote om die getroue luisteraars deel te maak van die Verjaarsdagvieringe.

Nfm beoog om verskeie dorpe in die Nama- distrik te besoek en  die dag saam met die getroue luisteraars deur te bring.

“Sonder die luisteraars se ondersteuning sou Nfm dit nie hierdie mylpaal bereik het nie,” sê Mnr Brunhild Strauss, stasiebestuurder by Radio NFM.

Ter viering van hul kroonverjaardag het sy haar roadshow afgeskop op Nababeep op Woensdag, 09 November.

 Verskeie omroepers van Nfm was deel van hierdie besondere dag en die gemeenskap van Nababeep het die gebaar vreeslik waardeer en hul gate uit geniet met die omroepers.

Groot was hul opgewondenheid omdat hulle van hul gunsteling omroepers kon ontmoet het van hul gunsteling programme, onder andere Immelda Coetzee, Bernadine Hearn, Ricardo Kermis, Richard Theron en vele ander radio-omroepers.

Voormalige radio-omroeper Avril Sanderson (Ewwie G) het gesorg vir vermaak saam met Ricardo Kermis en  aunty Eva Lewis het gesorg vir pragtige digkuns.

Die span van Nfm het hul geniet en het saam met die gemeenskap gedans en selfs geselsies aangeknoop met die luisteraars in Naababeep.

Strauss het die omroepers voorgestel en die gemeenskap van Nababeep bedank vir hul getrouheid teenoor Nfm.

Die kuier tussen die omroeper en gemeenskap  het voor U-Save plaasgevind.

Die liefde wat die gemeenskap vir Nfm het is in groot skaal geweeg.

Aunty Libby het die pragtigste tuisgemaakte  “cup cakes” gebak wat nfm uitgedeel het vir hul luisteraars.

Die dag was afgesluit deur ‘n smaaklike tuisgekookte bord kos wat met soveel liefde en gasvryheid voorsien en bedien was deur aunty Ruthie, waarvan die Nfm span in hul skik was met haar kook vaardigheid en kon nie ophou praat oor die smaaklike ete wat sy bedien het.

 Programme van Nfm was vanaf  die buitelug ateljee uitgesaai onder andere Stuur ‘n briefie, Kangnas en Gestremdes en bejaarde sake, die elfuur en eenuur nuus ook direk daar gelees. 

Die verjaardag gees is hoog in Radio Nfm se kantore en daar wag nog vele ander dorpe om besoek te word deur hul gunsteling gemeenskapsradiostasie.

Watter dorp is volgende? Wie weet, net Radio nfm 98.1, luisteraars kan in afwagting wees vir Nfm met hul gunsteling radio omroepers en net dalk is die hele span.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content