https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fnamakwacivic.org.za%2Fleadership&psig=AOvVaw2Jg59_b93FK47duLEq-TV7&ust=1668673941100000&source=images&cd=vfe&ved=0CBAQjRxqFwoTCNDzrv-ksvsCFQAAAAAdAAAAABAN

Op 4 November was ‘n ondersoekende verslag uitgesaai op die SAUK van ongeveer 40 studente wat alreeds 5 jaar lank wag op hul kwalifikasies.

Te midde van die verslag, het die NCM ‘n beroep gedoen op studente wat hierdeur geraak word om in kontak te kom met die uitvoerende komitee lid verantwoordelik vir onderwys en opleiding, Donne-lee Jano.

Tot op hede het net 4 studente uitgereik om hulp.

Die oplossing is om vinnig hiermee weg te spring, want studente se drome lê aan skerwe omdat hulle na ‘n lang tyd, 5 jaar, nog nie hul sertifikate van die NCRF TVET Namakwaland Kampus gekry het nie.

Die jeug werkloosheidsyfer in Suid-Afrika is ‘n verstommende 64% en daarom sal die NCM studente bystaan om hul sertifikaat te kry om met hul loopbane te kan begin.

Indien die NCM nie genoegsame terugvoering van die student, wie hierdeur geraak word, ontvang nie, is ons hande afgekap.

Studente wat in hierdeur geraak is word aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak en spoedig met Donne-lee Jano in verbinding te tree via epos: donneleejano@gmail.com.

Studente het nog tot Woensdag 16 November, ‘n geleentheid om hul inligting aan te stuur.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *