Rehabilitasie sentrum op Kimberley bring hoop vir Noord-Kapernaars

 Rehabilitasie sentrum op Kimberley bring hoop vir Noord-Kapernaars

Foto: Verskaf @Noord-Kaapse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Me Nontobeko Vilakazi

Die Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en onwettige handel, of Wêreld Dwelm Dag, word elke jaar op 26 Junie gevier, om aksie en samewerking te versterk om die doelwit van ‘n wêreld vry van dwelmmisbruik te bereik.

Die wêreldwye geleentheid beklemtoon die fisiese en sielkundige impak van dwelmmisbruik, dwelm-oordosis sterftes en dwelmverwante humanitêre krisis met die doel om die bedreiging uit die samelewing uit te skakel.

Die Noord-Kaapse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Me Nontobeko Vilakazi het jongmense toegespreek by die Anti-middelmisbruik dag wat op Williston gehou is.

Die sleutelboodskap van die dag is om eienaarskap van jou toekoms te neem. Onderwys is die sleutel tot ‘n beter toekoms.

Bly gefokus en op skool.

Dwelms maak die belofte van ‘n helderder en beter môre dood.

Jong meisies moet nie betrokke raak by riskante seksuele gedrag en ongewenste swangerskappe en ander seksueel oordraagbare siektes opdoen nie.

Sommige hiervan kan dodelik wees.

“Boeke voor seuns, want seuns bring babas.”

Kom ons werk almal saam vir ‘n môre vol belofte en voorspoed. Stop dwelms.

Kom ons bou ons gemeenskappe.

Pierre Leo, maatskaplike werker van die plaaslike kantoor op Springbok het genoem dat die departement het ‘n rehabilitasie sentrum op Kimberley om dwelmverslaafdes te kan help.

Die kriteria is dat die kliënt moet bereid wees om gehelp te word.

Leo het ook gesê dat daar geen kostes verbonde is wanneer die klient kwalifiseer om opgeneem te word in die rehabilitasie sentrum te Kimberley en verblyf is twee tot drie maande.

Hy beklemtoon dat nasorg baie belangrik is. 

Bernadine Hearn

Related post