In ‘n poging om Port Nolloth in die Richterveld munisipaliteit te verfraai is die munisipaliteit opsoek na skenkings vir droogte bestante plante om op strategiese plekke in die dorp aan te plant en of persone wat bereid is om betrokke te raak by hierdie projek.
Lede van die gemeenskap word versoek om hande met die munisipaliteit te vat in die projek.
Indien persone wil deel uitmaalk van die Port Nolloth Mooi Maak projek kan daar kontak gemaak word met die Toerisme Kantoor by Richtersveld Munisipaliteit.
Intussen vind Alexkor vandag probleme met een van hul water pompe.
As gevolg hiervan is die water in die damme baie laag.
Die munisipaliteit vra dus dat niemand water moet mors, maar wel spaarsamig moet gebruik.
