Die Noord- Kaapse departement van onderwyse se LUR Zolile Monakali sal 100 opvoeders huisves, terwyl ons vandag Wêreld Onderwysersdag vier.
“Ons moet almal saamstem dat basiese onderwys die kern is van die bou van ‘n welvarende Suid-Afrikaanse nasie; en dat die onderwysberoep ‘n deurslaggewende rol speel in die bou van ‘n samehangende samelewing,” het die Monaklai gesê.
Monakali vier Wêreld Onderwysersdag saam met die opvoeders in die Kai Garib Munisipale area.
“Onderwysers is ons nasiebouers, die krag van elke beroep in ons land hang af van die kennis en vaardighede wat onderwysers help om by ons leerders in te boesem,” het hy bygevoeg.
Ons salueer ons onderwysers vir hul vertoon van patriotisme, toewyding en passie, meestal onder moeilike omstandighed















