Aubrey Nel (35) is gister in die Phillipstown-streekhof 15-jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy stiefseun vermoor het.

Die tragiese insident het plaasgevind op die middag van 23 April 2021, toe Nel en sy stiefseun, Duwayne Snyers in ‘n onderonsie betrokke was wat gelei het tot die noodlottige messteek van die vyftienjarige tienerseun.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant-kolonel Sergio Kock het bevestig dat die moord op Riemvasmak, Philipstown plaasgevind het.

“Die beskuldigde is dadelik na die voorval in hegtenis geneem. Hy het in aanhouding gebly tot en met sy vonnisoplegging op 12 April 2022,” het Kock gesê.

Written by: