Plaaslike organisasie wil gemeenskap bemagtig deur werkloosheid en armoede hok te slaan

 Plaaslike organisasie wil gemeenskap bemagtig deur werkloosheid en armoede hok te slaan

Foto: Verskaf

Die Vrywillige Vooraf en Voordurende Volledig Ingeligte Toestemings-beweging (VVVT) is ‘n plaaslike burgerlike organisasie wat die inwoners van Wet 9 dorpe, in hierdie geval Concordia, in te lig oor die grondwet en ook hoe om aanspraak te maak op hul regte.

Die VVVT is ‘n interkontinentale organisasie wat verskeie lande in Afrika insluit.

Die aktiviste betrokke is vasbeslote om ‘n einde te bring aan die kaping van die dorp se minerale.

Tydens ‘n onderhoud met NFM Ooplyn se Brunhild Strauss het die aktiviste, Shereen Fortuin en Beryl Cockrell van Concordia vertel dat gemeenskapslede nie kennis dra van belangrike elemente in die grondwet en dis daarom dat hulle nie weet hoe om hul regte te eis nie.

Die VVVT beweer dat dorpe met die meerderheid minerale, armer is as omliggende areas.

Die omliggende wet 9-dorpe word uitgemyn en dan agtergelaat om in armoede voort te gaan, want dié minerale en natuurlike hulpbronne word dan aan buitelanders voorsien.

Die Concordia-VVVT gaan onverpoost voort om dorpe in die Nama Khoi area in te lig, deur gereelde gemeenskapsvergaderings en besprekings te hou.

Die organisasie het intussen ‘n right to say no-veldtog geloods en gevra dat die gemeenskap betrokke moet raak.

Die VVVT aktiviste sê dat die rede hiervoor is om armoede en werloosheid in ons gebiede hok te slaan.

Die onregverdige gebruik of misbruik van minerale, gewasse en hulpbronne laat hierdie gebiede groot verliese lei.

Die vroeë mynbou-aktiwiteite op Concordia het onveilige gebiede agtergelaat wat al die lewens van jongmense geëis het, dus word die veiligheid van inwoners ook in ag geneem.

Die VVVT het ook bygevoeg dat mynbou-werksgeleenthede aan inwoners van Concordia beloof was, maar dis egter net seisoenaal.

“Hoe voorsien so iemand dan aan sy of haar gesin?” het Cockrell gevra.

Skrywer: Courtney Saal

Related post