SAPD Kimberley hou kinderbeskermingsbewusmaking by ‘n skool

 SAPD Kimberley hou kinderbeskermingsbewusmaking by ‘n skool

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die SAPD Provinsiale Korporatiewe Kommunikasie, Kimberley SAPD Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS) eenheid, SAPD Mounted unit en Polisieorkes was almal teenwoordig by die Kinderbeskermingsbewusmakingsveldtog by Laerskool Newpark op Dinsdag, 21 Junie 2022.

Adjudant-Offisier Shaniel Antonie van Kimberley FCS het oor boelie en kinderbeskerming gepraat terwyl Luitenant-Kolonel Sergio Kock ‘n boodskap oorgedra het om jou hande te gebruik om misdaad te voorkom en nie te pleeg nie.

Die Kimberley SAPD Mounted unit en die Polisie Orkes was verseker die hoogtepunt vir die skoliere met hul majestueuse perde en pragtige musiek.

Die geleentheid het ook deel gevorm van kinderbeskermingsmaand en is gehou onder die tema “Laat ons almal ons kinders beskerm tydens Kovid-19 en daarna”. a

Bernadine Hearn

Related post