ZFM-burgemeester en sy vrou in hof vir bedrog

 ZFM-burgemeester en sy vrou in hof vir bedrog

Illustrasiefoto: ANC-logo

Die Burgemeester van die ZF Mgcawu-distrik in die Noord-Kaap, Marius Louw en drie ander; sy vrou ingesluit- het verlede Vrydag in die Upington-landroshof verskyn op klagtes van bedrog.

Die ANC in die provinsie het intussen gesê dat hulle hul opsystaanreël op Louw ook sal toepas.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het bevestig dat die klagtes verband hou met ‘n kooptransaksie van twee voertuie, ter waarde van R1,5 miljoen.

Vier verdagtes het na bewering vervalste dokumentasie gebruik om die voertuie te bekom.

Die ANC se provinsiale sekretaris, Deshi Ngxanga, het bevestig dat die party bewus is van die klagtes en staan dus opsy as gevolg hiervan. 

Louw, sy vrou en twee ander, het Vrydag in die streekshof in Upington verskyn op twee klagtes van bedrog. 

‘n Woordvoerder vir die Valke, Kaptein Tebogo Thebe het gesê dat Louw op R5 000 borgtog vrygelaat is, gevolg deur sy vrou, Gertrude Louw, op R1 000.

“Die ander verdagtes, Bernadette Isaks is op R1 000 en Steven Beukes op R5 000 borgtog vrygelaat.” 

Die saak is intussen uitgestel en al vier verdagtes sal weer op 11 Julie in die landroshof op Upington verskyn.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post