Soek-en-beslaglegging by Noord-Kaapse gesondheidsdepartement uitgevoer

 Soek-en-beslaglegging by Noord-Kaapse gesondheidsdepartement uitgevoer

https://issafrica.s3.amazonaws.com/site/images/banners/2019-10-01-iss-today-hawks-banner.jpg

Die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekspan het ‘n suksesvolle deursoek- en beslagleggingsoperasie by die Departement van Gesondheid in Kimberley uitgevoer.


Die operasie het verlede Vrydag, 11 Maart 2022 plaasgevind.

‘n Woorvoerder vir di Valke Kaptein Tebogo Thebe, het besvestig dat die Direktoraat tans ‘n aantal sake ondersoek wat verband hou met bewerings van onreëlmatighede, in die verkryging van persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) binne die Departement.

“Die items waarop beslag gelê is, wat die span meen die ondersoek sal help, sluit rekenaarhardeskywe, geheuestokkies en eksterne hardeskywe in”, het Thebe gesê.

Die Valke se ondersoek in die saak duur voort.

Bernadine Hearn

Related post