Sogenaamde groepering op Steinkopf en Nababeep

 Sogenaamde groepering op Steinkopf en Nababeep

Foto: Verskaf – Facebook

Daar is verskeie groeperings wat op verskeie dorpe in die Namakwa-distrik plaasvind.

Gemeenskapslede het hul kommer uitgespreek van wat in hul gemeenskappe tans plaasvind.

Jongmense wat onwillekeurig gemeenskapslede te nakom en in die proses nie dink oor hoe hul aksies verskeie mense se lewens beïnvloed nie.

Die NFM Nuusspan het die Steinkopf gemeenskap besoek sodat mense hul misnoee kan uitspreek oor wat huidiglik aan die gang is.

Inwoners is in rep-en-roer in die gemeenskap van Steinkopf.

Dit is kommerwekkend dat inwoners hul pleidooie moes laat hoor sodat die SAPD gehoor kan gee aan hul klagtes.

Gemeenskapslede is bekommerd en bang en kan onder geen omstandighede meer hul kinders met vrede winkel toe stuur, want die gewete laat pla hulle of hul kinders dalk iewers dood lê of ten minste veilig is as gevolg van die bendegeweld wat plaasvind.

Die ouer persone wat op hul eie woon moet ook nou in vrees met die gedagte van: “Wanneer is dit my beurt ?”

Die gemeenskapslede is daarvan oortuig dat daar drastiese stappe geneem moet word oor die geweld wat in hul midde .

‘n Paar gemeenskapslede voel dat hulle nie kommentaar wil lewer nie as gevolg van vrees om nie die volgende slagoffer te wees nie .

Sunè Cloete

Related post