Noord-Kaap onderwysdepartement verskerp hul pogings om matriekuitslae te verbeter

 Noord-Kaap onderwysdepartement verskerp hul pogings om matriekuitslae te verbeter

Foto: Verskaf – Facebook, Northern Cape Department of Education

Die LUR van die Departement van Onderwys, in die Noord-Kaap Zolile Monakali het verlede week besoek afgelê by Hoërskool Steinkopf, om die klas van 2022 te motiveer tydens die winterskool.

Die departement het in ‘n verklaring bevestig dat die redes vir die winterskole is om die Graad 12 leerders te help, om die nodige hulpbronne en materiaal te ontvang, om ‘n sukses van hul laaste skooljaar te maak.

Die LUR het gesê dat hy hoopvol is vir positiewe resultate – noudat die winterskole in volle swang is – hierdie jaar vir ‘n week meer as die vorige jare.

Die departement het ook hul mees ervare onderwysers en vakadviseurs ontplooi, om te help dat die matrieks vanjaar goeie resultate kan lewer.

Die departement se oorsiginspeksie het voortgegaan by Hoërskool Saul Damon, op Upington in die ZF Mgcawu-distrik.

Die LUR het aan hierdie matriekulante ook die nodige ondersteuning en bystand verleen, met die wense om hierdie jaar goeie uitkomste in alle vakke te bereik.

Leerders van die winterskole in die verskeie Noord-Kaapse distrikte sal teen Sondag terugkeer huis toe, vir die res van die skoolvakansie.

Sunè Cloete

Related post