Die Springbok-streekhof het onlangs die ses-en-twintigjarige Abongile Sibekwa tot ses jaar tronkstraf gevonnis ná die verkragting van ‘n veertienjarige meisie in Carolusberg in 2021.

Die hof het aangehoor die beskuldigde en die slagoffer woon in dieselfde blok huurwoonstelle in Carolusberg.

Die beskuldigde het die slagoffer na sy kamer nooi om seks met haar te hê.

‘n Polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam het onthul dat die slagoffer se ma van dié daad uitgevind het en dit by die polisie aangemeld het.

Die beskuldigde is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Sy naam sal op die Nasionale Seksoortredersregister geplaas word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content