Die Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoekeenheid en Misdaadopsporing sowel as die Kimberley-misdaadvoorkomingseenheid (Skof A) het ‘n 44-jarige Nigeriese man vir die besit van vermoedelike dwelms in Kimberley op Vrydag, 12 April 2024 gearresteer.
Die lede het inligting ingesamel van ‘n vermoedelik beplande dwelmtransaksie wat by ‘n sakeonderneming naby Belgravia in Kimberley sou plaasvind.
“Die inligting is geoperasionaliseer en ‘n intelligensie-gedrewe taktiese operasie is uitgevoer en een verdagte is suksesvol gearresteer. Die span het beslag gelê op twee pakkies Khat ter waarde van ongeveer R31 380. 00,” het die Noord- Kaapse polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het die polisie-eenhede geprys vir hul spasie vir dwelmhandelaars om in ons gemeenskappe te werk.