Onder die leiding van kolonel Jacob Moloi het die multi-dissiplinêre span van Operasie Vala Umgodi, wat fokus op onwettige mynbou en verwante misdade in die Kleinzee-omgewing van Namakwaland, die afgelope naweek aansienlike vordering gemaak.

Met die steun van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het hulle op 14 April 15 verdagtes vir onwettige mynbou en betreding aangekeer en beslag gelê op toerusting wat vermoedelik vir onwettige mynbou gebruik word.

Die intelligensie-gedrewe optrede is in die geteikende gebied uitgevoer, waar die span ses Suid-Afrikaners, vyf Lesotho-burgers en vier Zimbabwiese burgers in hegtenis geneem het op aanklag van onwettige mynbou en betreding.

Die Operasie Vala Umgodi-span het ook beslag gelê op ‘n verskeidenheid items van die vermeende onwettige mynwerkers, insluitend ‘n brekermasjien, kragopwekkers, sakke wat moontlik gevul is met diamantdraende gruis, dagga, drank en verskeie myngereedskap.

Die provinsiale kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die spanlede geloof vir hul toewyding tot die stryd teen onwettige mynbou en verwante misdade.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *