Die Trust vir Bedreigde Natuurlewe-plantopsporingshond “Delta” wat opgelei is om vetplante op te spoor, het sy opleiding tydens ‘n polisie-optrede in Springbok vertoon waar twee mans persone gearresteer is vir die onwettige besit van 1760 bedreigde plante.
‘n Multi-dissiplinêre operasie is gehou op Vrydag, 13 Oktober 2023 om ongeveer middernag.
“Die polisie het ‘n goue VW Polo gestop en deursoek en met die hulp van die K9-Delta beslag gelê op ‘n sak Conophytum subterraneum plante en die motorvoertuig,” het polisiewoordvoerder Luitenant kolonel Sergio Kock gesê.
Die twee mans is gearresteer en aangekla ingevolge die Noord- Kaapse Natuurbewaringswet 9/2009 Art 50 & 51 vir die onwettige besit van bedreigde plante en sal binnekort in die hof verskyn.




