Die herdenkingsdiens van Johannes Jakobus Cloete, alias Boetie Bas / Papa Hunter, het gisteraand in die VGKerk op Bergsig plaasgevind.

Hy het sy stryd teen kanker verloor op 24 September.

Vir sy vrou was hy Bouks, vir sy kinders wat hy Pappa en vir sy kleinkinders was hy Oupa.

Vir sy kollegas met wie hy deur die jare heen mee gewerk het was hy Boetie Bas en vir almal wat op Smart Vision gedans het was hy Papa Hunter.

Wyd en suid het hy bekend gestaan as ‘n weldoener wat nie geskroom het om gemeenskappe regoor die Namakwa- Distrik te help.

Diep het hy en sy vrou hulle hande in hul sakke gesteek omte help waar daar nood was.

Hy was wel bekend regoor Suid Afrika, waar hy gemeenskapslede vermaak het met langarm musiek, met sy orkes Smart Vision, wat hy gestig het.

Saam met sy geliefde vrou Rosy aan sy sy, het hulle diep spore in die Namakwa- distrik getrap, met hul liefdadigheids werk.

Selfs deur Cloete se pyn het hy nog altyd ‘n grappie en twee gedeel en jou bemoedig uit die Woord van God. 

Oom Boetie Bas is ‘n integrale deel van die Namakwalandse musiek kultuur en het sy stryd teen kanker op Sondag, 24 September in die oggendure verloor.

Vele familielede, vriende en kollegas het die bedroefde familie ondersteun, tydens die gedenkdiens, ter nagedagtenis van oom Boetie Bas.

Sy voormalige kollegas van Toyota het hom beskryf as vriendelik, vol grappies en dat hy elke dag dieselfde was.

“Moenie wag dat iemand sê dat jy ‘n goeie ding gedoen het, brêg met jouself,” het hy aan Katinka gesê van Toyota.

As kollegas by Toyota het hulle saam gelag, saam gehuil en saam baklei, dit was die tipe familie wat hulle was.

Hy sou homself te kort skiet om ander te kon help en dat hy vol geloof was tydens sy siekbed.

Cloete het ‘n impak in almal se lewens gemaak.

“Once a legend, always a legend, always a legend, net soos die Hilux,” het Toyota se personeel gesê.

Boetie Bas se goeie vriend, Simon Kleinbooi het gesê dat Cloete se doel voor oë was dat die gemeenskap eerste kom en dat hul behoeftes aangespreek moet word.

Hy was vir almal daar.

Hy was die beste verkoopsagent.

“Namakwaland het ‘n rolmodel en ondersteuner verloor. Sy woorde was altyd gewees behou die geloof,” het Kleinbooi gesê.

Cloete word Saterdag, 07 Oktober 2023 te ruste gelê in Bergsig uit die VGKerk om 10vm.

 

 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *