Tweede Kansa virtuele Relay for life ‘n reuse sukses

 Tweede Kansa virtuele Relay for life ‘n reuse sukses

Foto: Verskaf @Ricardo Simon

Die Kovid-19 pandemie het ‘n groot nadelige gevolg gelaat op die Kansa Relay for Life en ander Kansa-bedrywighede.

Die Relay for Life is een van Cansa se grootste fondsinsamelingsprojekte en is ‘n roerende viering van kankeroorlewing.

Oorlewendes word genooi om die CANSA Relay For Life-geleentheid as belangrike persone by te woon, waar hulle deur spesiale seremonies en aktiwiteite gevier en vereer word.

Kankeroorlewendes is dikwels gassprekers by die Relay For Life-geleenthede en deel hul verhale van hoop en inspireer diegene wat hul reis met kanker begin.

CANSA Relay For Life bied nuutgediagnoseerde oorlewendes die geleentheid om ander kankeroorwinnaars wat kanker oorwin het, te ontmoet en met mekaar te kommunikeer.

Dit gee ook pasiënte wat behandeling ondergaan die kans om ervarings met ander pasiënte te deel.

Die geskiedenis van Relay for life bewys dat hoe meer oorlewendes by ‘n geleentheid of in die spanne betrokke is, hoe meer suksesvol die geleentheid is.

Kankeroorlewendes inspireer hoop, moed en vasberadenheid om kanker te beveg en uit te skakel.

Die jaarlikse Cansa relay for life in die Namakwa-distrik het op Saterdag, 26 Maart 2022 plaasgevind.

Die virtuele aangeleentheid was regstreeks uitgesaai op die klankgolwe van Radio NFM 98.1.

Dit kom na die verwoestende uitwerking wat die inperking en Kovid 19 pandemie op Cansa en sy bedrywighede gehad het.

Suster Geraldine Farmer van die Kansa kantoor op Springbok het die vorige week bewusmaking op NFM gedoen en gesê dat ‘n virtuele relay die perfekte idee was oor hoe Cansa die relay kan voortsit sonder uitdagings en voldoend aan streng inperkingsmaatreels.

Die virtuele relay was presies dieselfde soos die gewone Cansa relay, maar in plaas van ‘n deurnag funksie, was die program opgesom in net drie ure.

Die Luminaria seremonie is die hoogtepunt van enige Relay regoor die wêreld en word opgedra aan diegene wat hul stryd teen kanker verloor het, ter ere van diegene wat gewen het en diegene wat steeds die siekte beveg.

Persoonlik versierde Luminaria-sakke vorm die omtrek van die baan, ter nagedagtenis aan of as ‘n toewyding aan ‘n baie spesiale vegter wat die stryd verloor het of ter ere van ‘n moedige kankeroorlewende wat nog veg of wat die stryd teen kanker gewen het.

Kerse wat in elke Luminaria-sak geplaas word, word na donker aan die begin van hierdie baie inspirerende en emosionele seremonie aangesteek.

Hierdie kerse brand deur die nag en herinner ons hoekom ons aanhou om die siekte te beveg.

Radio NFM het groot makietie tydens die Relay gehou toe hulle die ateljee buite opgeslaan het om sodoende ‘n groter impak te maak op die reeds belangrike, kragtige en spesiale gebeurtenis.

NFM en Cansa wil ook in dieselfde asem alle luisteraars, ondersteuners en vrywilligheidswerkers bedank vir hul bydrae in die suksesvolle Virtual relay for life.

Verskillende relay spanne, het soos die vorige jaar hul relay in hul onderskeie dorpies gedoen.

Karabelo Moncho

Related post