Upington-boef verskyn in hof vir diefstal

 Upington-boef verskyn in hof vir diefstal

https://www.irishtimes.com/polopoly_fs/1.2534402.1455453461!/image/image.jpg

’n 32-Jarige manlike verdagte is onlangs positief verbind aan ‘n reeks gevalle van huisbrake op Upington.

Dit is deur middel van DNS-toetse deur die polisie ontdek.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat die verdagte op 30 Maart 2022 ná die uitslag van die DNS-uitslag geboei is.

Die verdagte is positief verbind met meer as vier huisbraaksake in Upington.

“Daar word beweer dat die verdagte tydens een van die voorvalle, die huis van ‘n 59-jarige vroulike slagoffer op 24 Januarie 2021 binnegegaan het, waar hy toegang verkry het met die gebruik van ‘n trapleer en na bewering huisinhoud gesteel het,” het Tawana gesê.

Hy staan tans tereg op meer as vier afsonderlike aanklagte van huisbraak en diefstalsake.

Hy sal na verwagting vandag in die Upington-landdroshof verskyn.

Bernadine Hearn

Related post