Vermiste elf jarige se liggaam gevind

 Vermiste elf jarige se liggaam gevind

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die liggaam van die 11-jarige Relebogile Segami, wat as vermis aangemeld is, is vroeër vandeesweek in die veld agter die gebou van die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer gevind.

Die ontdekking is omstreeks tien voor ses die namiddag gemaak, tydens ‘n intensiewe multi-dissiplinêre soektog deur die Galeshewe FCS-eenheid, Kimberley honde-eenheid, Galeshewe Sigbare polisie en Kimberley Soek-en-reddingspan.

’n 24-Jarige man is intussen in hegtenis geneem op ‘n klagte van die moord op Relebogile Segami.

Hy sal na verwagting binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Relebogile Segami (11) is op Woensdag, 30 Maart 2022 om ongeveer 08h00 laas gesien toe sy haar huis in Latlhi Mabilostraat, Galeshewe in geselskap van haar vriende verlaat het.

Sy het nooit teruggekeer huis toe nie.

Bernadine Hearn

Related post