Die multi-dissiplinêre mynoperasie “Vala Umgodi” deur Suid- Afrikaanse Polisiediens, Suid- Afrikaanse Nasionale Weermag en Departement van Binnelandse Sake beperk toenemend die onwettige mynaktiwiteite in die Namakwa-distrik deur misdadigers hul operasionele gereedskap te ontneem.

Die polisie se operasionele aktiwiteite in Kommagas, Buffelsrivier en Kleinsee gister, het die uitvoering van deursoekingslasbriewe, stop- en deursoekings, die opsporing van ongedokumenteerde immigrante, die bekamping van die onwettige handel in perlemoen, die bekamping van transitomisdade en die uitvoer van roetine-voertuiginspeksies ingesluit.

“Die polisie het drie (03) verdagtes in hegtenis geneem vir oortreding van die Wet op Onwettige Mynbou en beslag gelê op talle onwettige myntoerusting. Die totale waarde van die gekonfiskeerde items beloop meer as R287 000,00,” het polisiewoordvoerder Sersant Timothy Sam gesê.

Die verdagtes sal binnekort in hul onderskeie landdroshowe verskyn.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content