’n Samewerking tussen die Valke se Prioriteitsmisdaad Gespesialiseerde Ondersoek (PCSI) en die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid (ABU) bly ’n belangrike wapen teen misdaad in die Noord-Kaap.
Die Kimberley-afdeling van die Hooggeregshof het onlangs nog twee bewaringsbevele aan voertuigeienaars toegestaan.
Waaksame Suid-Afikaanse Polisiediens-lede naby Kathu het ’n verdagte Toyota-sedan opgespoor, wat vermoedelik dwelms vervoer het.
’n Deursoeking het 26.88 kilogram dagga aan die lig gebring.
Die dwelms en voertuig, ter waarde van ongeveer R195 000, is in beslag geneem, met ’n hofbevel wat die beslaglegging bevestig het.
In ’n aparte operasie het Kuruman SAPD-lede ’n Volkswagen-luikrug (R50 000) en ’n Toyota Hilux (R326 000) in beslag geneem nadat vier mans in besit van ’n pangol gevind is en geen permitte vir dierekarkasse kon voorsien nie.
Die voertuie is beslag gelê op grond van hul gebruik in misdaad.
Die provinsiale hoof van die Direktorat vir Prioriteitsmisdaadondersoek, generaal-majoor Stephen Mabuela, het gesê: “Ons bly daartoe verbind om alles tot ons beskikking te gebruik om misdaad te bekamp, insluitend die beslaglegging van enigiets wat as instrument in die pleging van misdaad gebruik word. PCSI en ABU het op hierdie front wonderlik gevaar.”