Gemeenskapslede in die Khai Ma en Nama Khoi distrikte, herdenk vandag twee jaar van ‘n tragiese grondstorting nadat ‘n geotegniese fout in die westelike gedeelte van die Suidput by Gamsberg Myn plaasgevind het.

Die grondstorting het twee lewens geëis wat die omliggende gemeenskappe in groot skok en hartseer gedompel het.

Die twee mynwerkers se liggame is na die storting een-een gevind.

Op 20 November 2020 was die liggaam van Melvin Saal beter bekend as “Skoene” gevind en die oorskot van Christopher Whitlow was op 21 Julie 2022 opgespoor en teruggevind.

Whitlow was na ‘n tydperk van 686 dae van Vedanta Zinc International se meedoënlose soek- en herstel pogings gevind.

NFM Nuus het vanoggend verneem dat die manne op die myn ‘n gedenkdiens gehou het vir die ontslape mynwerkers.

Ondersoeke in die sensitiewe aangeleentheid duur nog voort en die nuusspan wil ook hierdie geleentheid gebruik om hul simpatie te deel met die families van die ontslapenes. 

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content