Dit is met groot hartseer dat die premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, verneem het van ‘n tragiese ongeluk op die Van Rhynspas waarin ‘n bus met konstuksiewerkers van die Noord-Kaap op pad na Ceres in die Wes-Kaap ongelukkig omgeslaan het.
By navraag het die Premier die nuus ontvang dat 10 mense van die 42 mense op die bus tragies hul lewens verloor het.
Die voorval, het Maandag omstreeks 17:20 plaasgevind het. Die bus het van die pas afgery, wat gelei het tot die verlies van 10 lewens en twaalf ander ernstig beseer gelaat het.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n ondersoek van stapel gestuur om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.
39 passasiers is op die toneel behandel, met 10 sterftes bevestig.
Die beseerde passasiers is na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.