Vedanta Zinc International gee terug aan bejaardes en persone met gestremdhede.

 Vedanta Zinc International gee terug aan bejaardes en persone met gestremdhede.

Die groot behoefte aan weggooibaredoeke vir volwassenes in die gemeenskap is op Dinsdag 31 Mei 2022, deur die plaaslike internasionale mynreus Vedanta Sink Interrnasional aangespreek.
Hierdie mynreus is gestasioneer in Aggenys.
Hulle het ‘n skenking van weggooibaredoeke vir volwassenes, aan die bejaarde Nama Khoi gemeenskapslede sowel as diegene met gestremdhede, oorhandig as hul bydrae tot die tekort aan hierdie behoefte.
Danksy hierdie goedhartige daad kry baie mense in die gemeenskap hulp vir hierdie behoefte.
VZI wil graag die behoeftes aan weggooibaredoeke sowel as ander behoeftes saam met NFM algemeen bewus maak, sodat die inwoners van die gemeenskap wat weens omstandighede nie daarin kan voorsien nie, uitgehelp sal word.
Mnr Strauss ‘n baanbreker op die gebied om persone te help met enige vorm van gestremdheid het hierdie doeke ontvang op die perseel van Radio NFM.

Courtney Saal

Related post