#SoupDrive2022 in volle swang!

 #SoupDrive2022  in volle swang!

Radio NFM 98.1 #SoupDrive2022

Brunhild Strauss, die stasiebestuurder by Radio NFM 98.1, het gister saam met sy personeellede die jaarlikse Soup Drive 2022-veldtog amptelik van stapel gestuur.

Die radiostasie se nuusdepartement het onlangs met bewusmaking begin, met betrekking tot hul jaarlikse winteruitreikings-projek, #SoupDrive.

Oor die afgelope jare het die Soup Drive-veldtog baie suksesse opgelewer en in baie behoeftes van gemeenskappe in die nama Khoi plaaslike munisipaliteit voorsien.

Die #SoupDrive-span gaan jaarliks uit na die dorpe om ‘n warm koppie sop – met liefde voorberei – en ‘n goeie NFM-kuier met gemeenskapslede te deel.

Nuushoof by NFM, Bernadine Hearn het hierdie uitreiking as broodnodig bestempel.

“Veral na die verwoestende uitwerking van die COVID-19 pandemie en die nasionale grendelstaat, het dit ‘n normaal geword vir gemeenskapsgebasseerde organisasies om terug te gee aan die wat in armoede gedompel is. Radio NFM wil weer hierdie jaar verligting bring aan ons plaaslike inwoners en hulle herinner dat daar nog weldoeners in die omtes is.”

Radio NFM wil vanjaar hande vat met die plaaslike gemeenskapslede en besighede om van #SoupDrive2022 ‘n sukses te maak.

Besighede, individue en plaaslike organisasies word aagemoedig om deel te word van #SoupDrive2022.

Donasies in die vorm van sop produkte, vleisprodukte, brandstof en finansiële bydraes sal help dat #SoupDrive hierdie jaar ‘n sukses sal wees.

Finansiële donasies kan gebank word aan Radio NFM, by die volgende bankbesonderhede:

Rekeninghouer: Radio NFM 98.1

Rekeningnommer: 087 377 618

Bank: Standard Bank

Tak: Springbok

Takkode: 050506

Verwysing: SOUPDRIVE

Vir enige ander donasies, skenkings of navrae kan u kontak maak met NFM se bemarkings- en finansiële afdeling by (027) 744 1610 of stuur ‘n epos aan marketing.nfm58@gmail.com.

Byvoorbaat dank, vir u bydrae tot die bemagtiging van ons gemeenskappe.

Marsilino Lapont

http://Marsilino

Catch Marsilino LaPont weekdays between 6am and 9am on Morning Joy! Marsilino is also a radio journalist and news reader for Radio NFM 98.1.

Related post