Die Hoof van belangegroepverhoudings by Vedanta Zinc International, Neville Basson, het op Maandag 22 Julie 2024, die myn se Maatskaplike Arbeidsplan met NFM Dewald Rooi op die Hamba Khaya bus kom bespreek.

VZI het die radiostasie genader vir die geleentheid om die breë gemeenskap in te lig van hul maatskaplike arbeidsplan. 

 

Elke mynmaatskappy is verplig om n maatskaplike arbeidsplan te ontwikkel, wat in wese is om te verseker dat die area waarin dit bedryf, baat vind daaruit en ekonomies bevorder word. 

Die doel van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne, 2002, (Wet No 28 van 2002) (MPRDA) is onder andere om die mynbou- en produksiebedrywe te transformeer.

Ten einde effektiewe transformasie in hierdie verband te verseker, vereis die Wet die indiening van die Maatskaplike en Arbeidsplan as ‘n voorvereiste vir die toestaan van myn- of produksieregte.

Die Maatskaplike en Arbeidsplan vereis dat aansoekers vir mynbou- en produksieregte omvattende Menslike Hulpbronne-ontwikkelingsprogramme, insluitend Diensbillikheidsplanne, Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsprogramme en -prosesse, moet ontwikkel en implementeer word om werk te red en afskaling en/of sluiting te bestuur.

 

Basson het begin deur te verduidelik dat dit vir die myn van uiterse belang is om deur middel van hul maatskaplike arbeidsplan n impak in die vorm van sosio ekonomiese groei op die bree gemeenskap te hê.

Hy het voortgegaan deur te sê dat die geldelike bydrae wat die myn moet maak 1% van hul netto waarde is – wat die afgelope 5 jaar n bedrag van R86.5 miljoen was.

Vyf persent daarvan word toegeken aan arbeid wat aan vaardigheidsontwikkeling bestee word.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content