’n Paar lede van die Noord-Kaap se georganiseerde misdaadondersoekspan het gereageer op inligting wat die E2-veiligheidsdiens ontvang.
Dit het gehandel oor ’n wit Mazda-bakkie wat vermoedelik by ’n reeks sake- en huisbraakvoorvalle in Fauresmith in die Vrystaat betrokke was.
‘n Totaal van vyf verdagtes was Maandag (22/07/24), tydens die vroeë oggendure gearresteer.
Dit volg nadat hulle in die besit van implemente was wat vermoedelik gebruik is om by eiendomme in te breek.
Volgens die SAPD se provinsiale woordvoerder, sers. Molefi Shemane, is die insittendes van die voertuig Dinsdagoggend (23/07/24) na 12:00 op pad na Kimberley voorgekeer.
”Die span speurders het die voertuig naby die Barkly-Wes-polisiestasie gestop en deursoek, waarvan 5 mans binne die bakkie gevind is met huisbreekwerktuie, insluitend slypmasjiene, ‘n elektriese verlengstuk, ‘n boutsnyer, sinksnyer, koevoet, slyplemme en tang,” het Shemane gesê.
Die verdagtes was onderskeidelik 36, 43, 47, 50 en 51 jaar oud.
Die polisie het ‘n gloeiende lof van die provinsiale kommissaris ontvang vir hul samewerking met die veiligheidsdiensmaatskappy vir hul bekamping van misdaad.

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Skip to content