Vedanta Base Metals se uitvoerende hoof en finansiële hoof saam met hul afvaardiging was verwelkom deur Vedanta Zinc International hoofbedryfsbeampte, Khâi-Ma-burgemeester en wyksraadslid saam met die Black Mountain Complex-ontwikkelingsafdeling by Huis Sophia (Tehuis vir bejaardes) in Pofadder.
Die span was gehuisves deur Luchelle Marx, Bestuurder: Administrasie vir die Huis.
“Saam, in die gees van Mandela-maand, het hulle die bejaardes in warmte toegedraai met die komberse wat deur ons kollegas en Besigheids vennote geskenk is, as deel van die aflewering aan die begunstigdes. Huis Sophia-inwoners spog nou met nog 70 komberse vir hul 23 inwoners” het Vedanta gesê.
Khai-Ma-burgemeester, me. Estella Cloete het die VZI-span geloof dat hulle altyd na die Khâi-Ma-gemeenskap omsien.
“Vedanta beteken so baie vir ons. Julle het nog altyd gegee en bygedra, en ons is dankbaar as die raad en gemeenskap vir Vedanta. Selfs die klein bydraes gaan ’n lang pad,” het Cloete gesê.


