Die Black Mountain Complex borg jaarliks die Nama-kultuur fees (NAMCUFE) wat plaasgevind het op die 28ste en 29ste Oktober in Oasis Town, Pella.
Die jaar was die 6de jaarlikse viering van die Nama-kultuur onder die Tema: Ons Nama-wortels is ons krag, ons Nama-kultuur is ons identiteit, ons erfenis is ons trots, ons Nama-voorvaders is in ons, en God is ons Skepper.
Die doel van hierdie fees is om te verseker dat die kulturele erfenis van die Nama-mense volhou, beskerm, en omhels word.








By diè geleentheid was daar ‘n tradisionele Nama-kombuis, mode en kunsvlyt saam met ‘n vertoning van tradisionele danse soos die Namastap & Rieldanse.
Die geleentheid was vermaaklik en leersaam, en dit het die verskillende Nama-stamme bymekaar gebring deur interaktiewe programme en aktiwiteite.
Eben Beukes, voorsitter van die Ha Re Hoado-erfenissentrum (NPO), het gesê hulle beoog om dit die grootste kulturele gebeurtenis in hierdie streek te maak en dat dit ‘n bewys sal wees van die behoud van die ryk kulturele erfenis: “Ons moet verseker dat ons kinders opgevoed word oor hul kultuur en taal, en dat dit effektief aan hulle oorgedra word.”
Gamsberg Hoofbestuurder, Rembu Matodzi het in sy toespraak as VZI-verteenwoordiger gesê: “Die Nama-kultuurfees is vir ons dierbaar by VZI. Dit is vir ons belangrik om by te dra tot die bewaring en beskerming van die Nama-kultuur, veral die taal van die Nama-volk.”
Saam met mnr. Rembu Matodzi was Black Mountain Mine-hoofbestuurder, mnr. Xolani Qamata, Gamsberg Menslike Hulpbronne Bestuurder, me Victoria Pieters en VZI Hoof van Korporatiewe Sake & Belanghebbende Verhoudinge, mnr. Christo Witbooi.