Verdagte in besit van SASSA- kaarte gevonnis

 Verdagte in besit van SASSA- kaarte gevonnis

Foto: Verskaf – Facebook

Patience Bhunzani (37) is op Maandag 18 Julie 2022 deur die Douglas-streekhof skuldig bevind en gevonnis vir oortreding van Nasionale Kredietwet 34 van 2005 en Korrupsie.

Bhunzani is in Desember 2019 gearresteer nadat ‘n deursoeking en beslaglegging by haar woning uitgevoer is,

Die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekspan SASSA-kaarte, bankkaarte en Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente is in haar besit gevind. Tydens die soektog het sy ‘n polisiebeampte probeer omkoop om arrestasie te ontduik,” het Kaptein Tebogo Thebe, die Valke se woordvoerder gesê.

Die beskuldigde is op aanklag 1 van oortreding van die Nasionale Kredietwet gevonnis tot die betaling van ‘n boete van R10 000 of vyf (5) jaar gevangenisstraf, geheel en al opgeskort vir 3 jaar.

Op die tweede aanklag van korrupsie is ‘n boete van R15 000 opgelê of ‘n vonnis van agt (8) jaar gevangenisstraf wat geheel en al opgeskort is vir vyf (5) jaar met voorwaardes.

Sunè Cloete

Related post