Verdagtes vas vir die handel in dwelms

 Verdagtes vas vir die handel in dwelms

Lede van misdaadintelligensie, De Aar-hoofwegpatrollie en De Aar K9-eenheid, het inligting opgevolg oor die verdagtes wat in besit van ongelisensieerde vuurwapens en dwelmhandel in Lewenshof in Sunrise was.

Op Dinsdag, 19 Julie 2022, het die span takties opgetree en twee verdagtes van onderskeidelik 19 jaar oud toegesluit.

“Die verdagtes is op die perseel gevind en die polisie het met die soektog voortgegaan en hulle in besit gevind van twee replika van 9 mm-pistole, mandrax-tablette, insluitend kontant wat vermoedelik deur die handel in dwelms gegenereer is,” het Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder gesê.

Hulle sal binnekort in die De Aar-landdroshof verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Tawana het gesê dat die distrikskommissaris van Pixley Ka Seme, brigadier Nomana Adonis het die span geloof vir die inhegtenisneming van die verdagtes.

Ondersoek duur voort.

Sunè Cloete

Related post