“Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is” – Internasionale Mandela Dag tema

 “Doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is” – Internasionale Mandela Dag tema

Foto: Verskaf- Facebook

Dit is ‘n baie interessante tema waaronder hierdie jaar se Mandela dag gevier word.
Dit gee jou die idee dat jy kan gebruik wat in jou kaste is of wat jy het wat jy nie meer gebruik nie, om ‘n verskil in jou gemeenskap te kan maak.
Regoor in Suid-Afrika word die voormalige ontslape oud President Nelson Mandela se verjaarsdag vandag gevier, die dag staan ook bekend as Internasionale Mandela-dag.
Suid-Afrikaanse burgers word jaarliks die geleentheid gebied om gedurende Julie-maand, Nelson Mandela se lewe te vier.
Dit gee Suid-Afrikaners die geleentheid om ‘n verandering in mense se lewens te maak.
Nelson Rolihlahla Mandela was op ‘n baie klein dorpie genaamd Mvezo in die Oos-Kaap, op die 18de Julie 1918 gebore.
Nelson was sedert 1942 deel van die politiek, maar het eers in 1944 by die African National Congress (ANC) aangesluit.
So het hy ook gehelp om die African Youth League (ANCYL) te vorm.
Nelson was vir 27-jaar in gevangenis op Robben Eiland .
“n Aanhaling uit die Dock deur Nelson Mandela op 20 April 1964 se: “I have fought against white domination, and I have fought against black domination. I have cherished the ideal of a democratic and free society in which all persons live together in harmony and with equal opportunities. It is an ideal which I hope to live for and to achieve. But if needs be, it is an ideal for which I am prepared to die.”
Geseënde Internasionale Mandela-dag aan alle lesers!

Sunè Cloete

Related post