Die Suid-Afrikaanse Polisiediens-speurders van Postmasburg en Douglas het ‘n 36-jarige man by ‘n kroeg in Douglas in verband met die moord gearresteer.
Die arrestasie is op Woensdag, 03 April 2024 omstreeks 08:00 uitgevoer.
Die verdagte sal van moord aangekla word en verskyn binnekort in die Postmasburg-landdroshof.
Enigiemand met inligting kan Speur-Sersant Tebogo Seekoei skakel by 082 302 0391.
Die ondersoek duur voort.
NK: MEDIA ANTWOORD: MOORD IN POSTMASBURG
31 Maart 2024
Kalahari Memorandum Digitaal
Die Posmasburg SAPD ondersoek ‘n moord nadat die liggaam van ‘n 37 jarige vrou (37) in ‘n veld in Postdene, Posmasburg gevind is.
Op Saterdag, 30 Maart 2024 omstreeks 09:00 is die oorledene ontdek deur kinders wat in die veld speel.
“Die oorledene het ‘n wond aan haar kop gehad, maar ‘n lykskouing sal uitgevoer word om die presiese oorsaak van dood te bepaal. Voorlopige verslae dui daarop dat die slagoffer oorspronklik van Griekwastad is en ‘n begrafnis in Postmasburg bygewoon het,” het Luitenant Kolonel Sergio Kock
Enigiemand met inligting kan Speur- Sersant Tebogo Seekoei kontak by 082 302 0391.
Die ondersoek duur voort.