Vou vas op aanklagte van mensehandel en bedrog

 Vou vas op aanklagte van mensehandel en bedrog

Arrested man in handcuffs

Luzinda Abrahams (24), het gister (7Junie 2022)  vlugtig by die Randburg-landdros verskyn op aanklagte van mensehandel en bedrog.

Abrahams is Maandag, 6 Junie 2022 deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan op Upington in hegtenis geneem ná ‘n intensiewe ondersoek.

“Daar word beweer dat slagoffers van Upington na Sandton gelok is waar hulle vir prostitusie gebruik is. Drie slagoffers is intussen uit Sandton gered,” het Valke woordvoerder Kaptein Tebogo Thebe gesê.  

Daar word verder beweer dat die verdagte onwettig, vals en met die opset om te bedrieg en tot nadeel van Clockwork-eiendomme ‘n skriftelike dokument vervals het.

Thebe het bygevoeg dat die saak teen Abrahams tot Donderdag, 9 Junie 2022 uitgestel is, waar sy haar medebeskuldigdes Uzoaga Obinna Emmanuel (33) en Okwudili James Okwudili (35) sal aansluit.

Bernadine Hearn

Related post