Verdagte skuldig bevind vir verkragting

 Verdagte skuldig bevind vir verkragting

https://www.aa.com.tr/en/africa/regional-human-rights-courts-sign-cooperation-pact/1630240

Die bestuur van die polisie in die Noord-Kaap verwelkom die 25 jaar vir verkragting en aanranding, met die doel om ernstig te beseer-vonnis wat onlangs aan Jim Horing in Kimberley opgelê is.

Die aand van 7 November 2020 het die vroulike slagoffer (41) en haar kêrel, Jim Horing by hul huis in Diamond Park Shanties, Greenpoint in Kimberley, gaan slaap.

“Die kêrel het haar geweldadig en erg verkrag wat ernstige beserings tot gevolg gehad het. Twee dae later het die kêrel die slagoffer by die werk gaan haal en haar erg aangerand nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy ‘n verhouding met haar baas gehad het,” het polisiewoordvoerder Luitenant-Kolonel Sergio Kock gesê.

Sy het ‘n klag gelê en Horing is op 14 November 2021 in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging op 3 Junie 2022 in die Galeshewe Agterstandhof.

Kock het gesê die waarnemende Adjunk-Provinsiale Kommissaris vir Misdaadopsporing, Brigadier Nicky Mills het Sersant Mario Sethlow van die Kimberley FCS-eenheid geloof vir sy noukeurige ondersoek wat tot hierdie uitstaande vonnis gelei het. 

Bernadine Hearn

Related post